Veskillende welsynsorganisasies het die afgelope Desember vakansie skenkings ontvang vanaf Garden Route Mall.
Rion Olivier (Sentrumbestuurder van Garden Route Mall) verskyn op die foto met Le-Ana van der Merwe links (van die George Vereniging vir Gestremde Persone), wat ‘n bedrag van R4, 250 ontvang het en Frieda Jansen van Rensburg (regs), van die DBV wat R4, 821.60 ontvang het, uit fondse wat gegenereer is tydens ‘n diens wat verskaf is aan kopers met die toedraai van geskenke in Desember. |